‘Duurder in Maart én April’

Deur: Hanlie Stadler

Internasionale pryse, wisselkoers grootste aanwysers.

Motoriste moet hulle maar solank begin staal vir ’n skerp styging in brandstofpryse in Maart.

As pryse vandag vasgestel moes word, sou 95-oktaan-petrol R1,35 per liter duurder moes word en diesel tot R1,59 per liter.

Dit beteken jy sal in Maart tussen R54 en R79,50 meer as tans vir ’n tenk van 50 liter brandstofmoet begroot. Die slegte nuus is dat brandstof waarskynlik ook in April duurder gaan word omdat dit die maand is waarin die regering die algemene brandstof- en Padongelukfondsheffing kan verhoog.

Belastingkenners dink Suid- Afrikaners gaan nie ’n derde jaar agtereenvolgens vrygestel word van verhogings in die heffings nie.

Die slegte nuus oor Maart volg op ‘n seer styging van 75c per liter in die prys van 95 oktaan-petrol net twee weke gelede en van 70c per liter vir diesel met 0,005% swael of 73c vir diesel met 0,05% swael.

Vandeesmaand is die eerste verhoging ingestel nâ drie maande waarin brandstof goedkoper geword het. Die oorsigmaand vir Maart se brandstofpryse het op 2 Februarie begin en duur tot 29 Februarie. Dit beteken net meer as twee weke bly oor waarin die verandering van internasionale brandstofpryse en die rand-dollar-wisselkoers die syfers kan beinvloed.

In dié stadium word die onderverhalings (dus potensiele stygings) opgejaag deur ’n skerp styging in internasionale brand-stofpryse. Dit dra tussen R1,21 en R1,47 per liter by tot die onderverhalings.

Die swakker rand het reeds ’n impak van tussen 10c en 11c per liter. Die geldeenheid is onder kwaai druk en sluit sedert Vrydag teen meer as R19 per dollar. Dit skep die risiko dat dit oor die volgende paar weke selfs meer tot die onderverhaling gaan bydra.

Die volledige onderverhalings wat bekend gemaak word, was tot 13 Februarie soos volg: 95-oktaan-petrol: R1,35 per liter, 93-oktaan-petrol: R1,31 per liter, Diesel met 0,05% swael: R1,43 per liter; Diesel met 0,005% swael: R1,59 per liter; en Paraffien: 96c per liter.

Maart se brandstofpryse word op Woensdag 7 Maart verander. Op die oomblik dok motoriste in Gauteng R23,24 per liter vir 95-oktaan-petrol op en mense aan die kus R22,52 per liter.

Die groothandelprys van diesel met 0,05% swael is R21,36 per liter in Gauteng en R20,64 per liter aan die kus. Dieselpryse is afgerond. Die vulstasieprys van diesel word nie gereguleer nie.

Verbruikers in ‘n drukkoker

Hoewel brandstof nie naby hul rekordpryse is nie, is verbruikers op die oomblik onder enorme druk. Volgens Neil Roets, uitvoerende hoof van die skuldberadingsfirma Debt Rescue, is verbruikers in die swakste finansiéle posisie in jare weens hoe rentekoerse, stygunde skuldvlakke en salarisse wat nie tred hou met die styging in lewenskoste nie.

Verbruikers het dringend laer inflasie en rentekoerse nodig, maar die Reserwebank lyk lugtig om rentekoerse te verlaag voordat inflasie volhoubaar begin verlangsaam. Die meeste ekonome verwag die eerste verlaging in die rentekoers eers in Mei.

Daarby gaan inflasie waarskynlik nie vinnig taan terwyl dieselpryse aanhou styg nie omdat dit ’n impak op die hele waardeketting het, van die produksie van kos op plase tot die gebruik van kragopwekkers in fabrieke en winkels tot die vervoer van produkte mark en winkel toe.

Debtbusters, nog ’n skuldberadingsfirma, het onlangs bevind die gemiddelde rentekoers wat mense op ‘n huisverband betaal, het van 8,3% einde 2020 tot 12,3% einde 2023 gestyg, terwyl die gemiddelde rentekoers op ongesekureerde skuld (winkel-rekeninge, persoonlike rekeninge en kredietkaarte) van 20,9% tot 25,5% opgeskiet het.

Benay Sager, uitvoerende hoof van Debtbusters, sê al hoe meer mense maak skuld by een instelling om skuld by ’n ander instelling af te betaal in die hoop dat dit verligting sal bring.

Mense vergeet egter dat hul kredietrisiko met elke lening groter word en kredietverskaffers dus die skuld kan toestaan, maar teen hoër en hoër rentekoerse. Dit laat die skuldlas eksponensieel toeneem.

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Did you know?

You can start your application process already. Simply download your assessment or fill in our online application and get one step closer to becoming debt-free with Debt Rescue!

Subscribe to Our Weekly Email

By completing this form, you are providing Debt Rescue with the above personal information and acknowledge the terms of Debt Rescue’s Privacy Notice.