‘Minister moet ingryp’, want als word duurder

Hanlie Stadler

Al hoe meer ondernemings is bekommerd oor die druk wat duurder brandstof, kos en krag en hoer rentekoerse op verbruikers gaan he.

A! hoe meet stemme klink ook op dat Enoch Godongwana, minister van nansies, sy begrotingsrede op 23 Februarie gebruik om brandstofpryse te verlaag. Dit kan net gebeur indien die regering die heffings op brandstof verlaag of die samestelling van die prys heeltemal verander.

Woensdag het petrol 53c per liter duurder geword en diesel tot 80c per liter.

Godongwana het self middel Desember in die parlement gesè daar moet dringend aandag gegee word aan hoe brandstofpryse saamgestel word.

Verskeie organisasies, waaronder die Automobiel Assosiasie. het al ‘n beroep gedoen dat die brandstofprys hersien of gedereguleer word.

In 2021 het die petrolprys met R5,15 per liter, oftewel byna 36%, gestyg en diesel met R5,13 per liter, oftewel byna 38%.

Nagenoeg 81% van die petrolprys is heffings aan die staat. terwyl 21% die vervoerkoste en wins van groot- en kleinhandelaars dek. Dit beteken net sowat 48% van die prys is die koste van die brandstof self.

Eskom he! reeds aansoek gedoen om ‘n styging van 20,5% in sy kragtariewe vanjaar; die rentekoers is sedart November al met ‘n halwe persentasiepunt verhoog (die prima rentekoers beloop nou 7,5%) en die prys van basiese kossoorte is 8,6% duurder as ‘n jaar gelede, wys die organisasie Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group (PMBEJD) se navorsing.

Neil Roets uitvoerende hoof van die skuldberadingsmaatskappy Debt Rescue, sê dieselfde salaris moet nou baie verder gestrek word.

Die PMBEJD bereken dat mense wat die nasionale minimum loon van R21.69 per uur verdien en elke werkdag kon werk, reeds nagenoeg 37% van hul inkomste aan vervoer bestee en 20% aan krag.

Dit laat te min geld om voedsame kos vir ’n volwassene te kan bekostig.

Roets sê die uiteinde van al die stygings is dat al hoe meer verbruikers skuld aangaan om alledaagse dinge te koop, wat “onvermydelik maar onvolhoubaar” is.

Byna 90% van Suid-Afrikaners het ongesekureerde skuld van die een of ander aard. Dit sluit krediet- en winkelkaarte, persoonlike lenings en mikrolenings in. Die soort skuld het die hoogste rentekoerse.

Die skuldberadingsmaatskappy DebtBusters, wat Dinsdag sy kredietversLag vir die vierde kwarTaal van 2021 uitgereik het, waarsku dat dit nie net arm mense is wat om skuldberading aanklop me. Al hoe meer middelklasmense, mense wat R10 000 of selfs R20 000 en meer verdien, verdrink in die skuld.

Pieter Boone, Pick n Pay se uitvoerende hoof, waarsku dat die stygende vervaardigings- en vervoerkoste alle produkte duurder maak.

“Van die prysstygings sal ons (as winkelgroep) meet absorbeer, maar sommige sal aan die verbruiker deurgegee moet word,” het hy aan Bloomberg gesê.

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Did you know?

You can start your application process already. Simply download your assessment or fill in our online application and get one step closer to becoming debt-free with Debt Rescue!

Subscribe to Our Weekly Email

By completing this form, you are providing Debt Rescue with the above personal information and acknowledge the terms of Debt Rescue’s Privacy Notice.