Petrolprys: ‘Verligting by pompe ’n rookskerm vir komende ramp’

by William Horne

Is wegholinflasie ons voorland? Ondanks verligting by die petrolpomp vandeesweek, is stygende lewenskoste besig om miljoene tot armoede te dryf.

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, sê in ‘n verklaring ‘n ramp is op pad en verbruikers moenie op hul louere rus oor die klein daling in die petrolprys dié week nie.

“Hoewel die regering geloof moet word vir die begin van die proses om ‘n prysperk vir 93-oktaan -petrol in te stel, is die realiteit dat miljoene verbruikers in armoede verval,” sê hy.

“Lang, uitgerekte planne deur die regering – hoewel met goeie bedoelings – wat waarskynlik eers in 2023 in werking gestel sal word, sal bloot ’n geval van te min te laat wees.”

Die R1.32-daling in die petrolprys wat Woensdag in werking getree het, sal volgens Roets min verskil aan die tendens maak van miljoene mense wat weens stygende pryse al hoe armer word.

Die petrolprys het in een jaar van 4 Augustus verlede jaar tot 3 Augustus vanjaar met 38% gestyg- van R18.11 per liter tot R24.99 per liter.

“Nie net is 75c per liter vandeesmaand by die algemene brandstofheffing teruggevoeg nadat ’n tydelike verlaging in April ingestel is nie, maar daar is geen ander onmiddellike verligting op die horison om die lewenskostekrisis te versag wat tans deur die land spoel nie.”

Nog ‘n grout rooi vlag is die sluiting van ’n aantal plaaslike petroleumraffinaderye wat ’n ernstige ekonomiese krisis vir Suid-Afrika inhou – een wat meer as net voorsieningsekerheid van produkte soos petrol en diesel in gevaar stel.

Die energiekonsultant Citac sê in ‘n onlangse artikel die uitset deur Suid-Afrikaanse raffinaderye het tussen 2018 en 2022 gehalveer. Verder waarsku Phindile Masangane, uitvoerende hoof van die Petroleumagentskap van Suid-Afrika, dat nuwe reëls oor die verlaging van die toegelate swaelinhoud in diesel sommige olieraffinaderye sal dwing om hul geriewe teen miljarde rande op te gradeer. Dit sal uiteindelik beteken dat die land meer op petroleuminvoer aangewese sal word en meer blootgestel aan moontlike onderbrekings in die aanbod.

Roets waarsku die dringendste kwessie is voedselprysinflasie en die ellende wat dit meebring, “Met byna 20 miljoen mense wat elke aand honger gaan slaap, onder wie 7 miljoen wat aan chroniese voedselnood ly, is dit nie nou die tyd om weg te skram nie,” sê hy.

“Die welsyn van die jongste en oudste mense in die samele wing is hier op die spel.”

Ons behoort baie bekommerd te wees oor maatskaplike onstabiliteit, maan Roets.

“Die waarskuwingstekens is daar vir almal om te sien.”

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Did you know?

You can start your application process already. Simply download your assessment or fill in our online application and get one step closer to becoming debt-free with Debt Rescue!

Subscribe to Our Weekly Email

By completing this form, you are providing Debt Rescue with the above personal information and acknowledge the terms of Debt Rescue’s Privacy Notice.