Een van die positiewe gevolge van die COVID-19 pandemie is die reserwebank se besluit om die rente koers met 100 bases punte te sny.
Die Suid Afrikaanse reserwebank het die voorbeeld van talle ander lande se sentrale banke gevolg en die rentekoerse met 1 persentasie punt gesny. Dit is gedoen in ‘n poging om aan verbruikers en die sukkelende ekonomie ‘n bietjie verligting te bied. Lae rentekoerse verminder die maandelikse paaiemente wat verbruikers op hulle skuld hoef terug te betaal.