Daar word reeds vir ’n geruime tydperk berig dat Suid-Afrikaners in skuld verdrink.
Die Menseregtekommisie het onlangs onthul dat meer as die helfte van die land se sowat 19-miljoen aktiewe verbruikers oorlaai is met skuld wat hulle nie kan diens nie.
Neil Roets, die hoof-uitvoerende beampte van Debt Rescue, verduidelik wanneer verbruikers skuldberading moet begin oorweeg en wat presies die proses behels.
OFM-inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger het die onderhoud gevoer.