Vermy nog skuld, veral Vir kos, sé skuldberaders
by Hanlie Stadler
Motoriste moet hulle hierdie week vir ’n skerp styging in brandstofpryse staal. Volgens Neil Roets, uitvoerende hoof van die skuldberadings firma Debt Rescue, lyk die asof die petrolprys met sowat R1,30 per liter gaan styg. Dit sal die prys van 95-oktaan-petrol landwyd tot meer as R20 per liter opdruk.
Dié graad petrol was in Desember in Gauteng R20,29 per liter, maar het in Januarie ná ’n onverwagse verlaging in die prys met 68c per liter gedaal.
Die Sentrale Energiefonds (SEF), ’n onderneming onder toesig van die departement van minerale bronne en energie, maak sedert laat verlede jaar nie meer daaglikse oor en onderverhalings bekend nie.
Die finale stygings kan anders lyk as die onderverhalings vir die maand omdat die SEF die balansfondsheing kan aanpas.
Die nuwe pryse tree Woensdag in werking.
Duurder brandstof is slegte nuus vir verbruikers met skuld, wat pas die tweede keer in twee maande ‘n rentekoersverhoging moet absorbeer, sé Roets, Die Reserwebank het die rentekoers Donderdag – soos in November- met 0,25 van ‘n persentasiepunt verhoog en gewaarsku dat nog vier rentekoersverhogings dalk vanjaar en altesame nog ses in 2023 en 2024 voorle.
Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group het dié week bekend gemaak dat die prys van basiese kossoorte nou 8,65% duurder as ’n jaar gelede is.
Roets is bekommerd dat meer mense kos op skuld gaan begin koop en “in ’n baie donker gat” gaan val. “Ongeag hoe moeilik dit word om die maandelikse begroting te laat klop, is dit ‘n resep vir ‘n ramp om skuld te gebruik om lewenskostes te betaal- dis soos om ‘n ’n gat te grawe waaruit jy nooit kan klim nie”
Sebastien Alexanderson, uitvoerende hoof van nog ’n skuldberadingsfirma, National Debt Advisers, sé dit nou ’n goeie tyd om jou finnansiele huis in orde te kry. Mense moet so ver moontlik vermy om nog skuld aan te gaan en moet probeer geld spaar, se hy.
Die Nasionale Kredietreguleerder het mense ook verlede week aangeraai om spaar ’n prioriteit te maak, selfs ondanks die druk wat stygende pryse en rente meebring.
Anne-Carien du Plooy, waarnemende hoof van opvoeding en kommunikasie van die NKR, gee die wenke:
■ Stel ‘n begroting op.
■ As jy om krediet aansoek doen, neem die stygende rentekoers in ag.
■ Gebruik slegs kredietverskafers wat by die NKR geregistreer is.
■ Kry ’n kwotasie en staat wat die koste van krediet en bepalings en voorwaardes van die kredietooreenkoms behoorlik uiteensit.
■ Maak seker jy verstaan die totale koste daarvan om skuld aan te gaan, insluitend rente, maandelikse diensgeld, aanvangsgeld en kredietlewensversekering.
■ Moenie meer leen as wat jy wou net omdat banke of winkels sé jy kwaliseer daarvoor nie.
■ Moenie skuld namens ander mense aangaan nie- as hulle jou nie terugbetaal nie, word dit jou probleem.
■ Vermy kredietverskaffers wat aanvoer dat geen kredietonder-soeke gedoen word nie of dat mense wat op ‘n swartlys is verwelkom word.
■ Vermy kredietverskaffers aan wie jy geld moet betaal voordat jy ‘n lening kan kry.
■ Moet nooit ’n kredietverskafer jou ID, bank- of Sassa-kaart of PIN gee nie (kragtens wet mag hulle dit nie vat nie).
■ Wanneer jy aansoek doen om ’n lening, is dit belangrik om al jou uitgawes te verklaar. Dit bepaal of jy die lening kan bekostig. Du Plooy waarsku dat mense wat jok die beskerming van die Nasionale Kredietwet kwyt kan wees. Gewetenlose kredietverskaffers sal jou dalk aanmoedig om nie al jou uitgawes te verklaar nie.