Verbruikers sukkel met stygende lewenskoste

By Hanlie Stadler

Op die vooraand van verskeie skerp verhogings- onder meer in die petrolprys en kragtariewe- gaan dit beroerd met Suid Afrikaners,

n’ Peilinf wat die skuldberadingsmaatskappy Debt Rescue onder meer as 1300 Suid-Afrikaners gedoen het, toon 76% kan nie meer die stygende lewenskoste absobeer nie. 88% het reeds hul gebruik van basiese goedere end dienste besnoei.

Dié inligtig is bekend gemaak net twee dae voordat Enoch Godongwana, minister van finansies, in sy begrotingsrede gaan aankindig of belastings styg.

Ondanks pleidooie daarteen, word verwag dat brandstofheffings en aksyns op drank en sigarette soos elke jaar verhoog gaan word.

Die meeste kenners verwag nie dat belasting op toegevoegde waarde van die huidige 15% af verhoog sal word nie en daar is selfs hoop dat belastingkerwe vanjaar vir inflasie aangepas sal word, wat salaristrekkers teen hoér inkomstebelastingkoerse sal beskerm indien hul verhogingd aan inflasie gekoppel is.

lndien Godongwana hoér brandstofhetfings aankondig, sal dit in April van krag word.

Verbruikers begin reeds naels kou oor brandstofpryse – dit lyk tans asof een van die grootste verhogings tot nog toe in die prys van petrol en diesel in Maart voorlé. Teen Vrydag was die onderverhalings R1.24 per liter 95-oktaan-petrol en tussen R1.24 en R1.30 per liter diesel.

Maart se pryse moet vroeg volgende week aangekondig word aangesien dit op 2 Maart van vrag word.

Die peiling toon 72% van Suid-Afrikaners sal dalk hul ligte en stowe moet afskakel as Eskom Donderdag die verhoging van 20.5% in kragtariewe kry waarvoor hy grvra het. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika maak Donderdag sy besluit oor die aansoek bekend.

Dié tariewe word in April van krag vir Eskom se groot en regestreekse kliénte; munisipaliteite sal op grond van die verhogings hul eie aansoek insit vir die verhogings wat huishoudings sal moet opdok.

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, sé die peiling toon dat verbruikers baie diep in die moeilikheid is.

Dit bekommer hom dat baie gesinne op stapelvoedsel besnoei of kos op skuld koop. “Dis die begin van n’ donker dalende spiraal. Kos is die een kommoditeit wat altyd kontant gekoop moet word. As verbruikers die punt beriek waar hulle in baie ernstige moeilikheid- veral aangesien hulle die hoé rentekoerse betaal wat winkelkaarte hef.”

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Did you know?

You can start your application process already. Simply download your assessment or fill in our online application and get one step closer to becoming debt-free with Debt Rescue!

Subscribe to Our Weekly Email

By completing this form, you are providing Debt Rescue with the above personal information and acknowledge the terms of Debt Rescue’s Privacy Notice.